Friday 22 November 2013

Alles wat jy wil weet van Kunsmis


Kunsmis 101 – Alles wat u wil weet van Kunsmis


Hierdie artikel word geskryf vanuit die oogpunt dat die leser, soos die meeste mense wat ek ken, onseker is van hoe kunsmis saamgestel word en hoe om die regte samestelling, vir hulle behoeftes, te kies.

Eerstens moet ek meld dat kunsmis nie kompos kan vervang nie.   Dit kan dit net aanvul.

‘n Dik laag (10cm) kompos om die plante is baie belangrik.   Dit voorsien nie net belangrike voedingstowwe aan die plante nie maar hou ook die wortels koel en skep ‘n ideale omgewing vir organismis soos erdwurms om in te lewe; dus, die skep en versorging van Bio-diversiteit in u tuin.     Dit het ook tot gevolg dat die plante minder water benodig.

Terug na Kunsmis.....

Omdat daar so ‘n groot veskeidenheid kunsmis stowwe beskikbaar is, is dit vir die meeste van ons moeilik om te besluit watter die regte een is vir ons om te gebruik.

Met die regte kennis is dit egter nie so moelik nie.

Kunsmis bestaan gewoonlik uit 3 elemente.   



Ø  Stikstof.  (N)

Ø  Fosfor.  (P)

Ø  Kalium.  (K)

Die merke op kunsmis verpakkings; bv.  2:3:2(SR)22 dui die verhouding aan waaruit die kunsmis in daardie sak gemeng is:

2 Dele Stikstof, 3 dele Fosfor en 2 dele Kalium in die verhouding  2:3:2.

Die mengsel word ook verder verduidelik deur bv. Die letters (SR) en partykeer nog ‘n syfer bv. 22.

Die verduideliking hiervoor is ook eenvoudig;  SR staan vir “Slow Release” maw Die kunsmis word stadig vrygestel.    Die syfer, 22 dui die persentasie aan van die volume wat in die sak is wat uit kunsmis bestaan;  die res, 78%, is ‘n bindmiddel.

Indien u, soos ek ook altyd gevoel het dat dit ‘n bedrogspul  is, dink weer.

Die 3 elemente van kunsmis kan nooit suiwer toegedien word nie.   Dit is te gekonsentreerd en sal die plante laat doodgaan omdat hulle die groot hoeveelhede nie kan verwerk nie.

Dit is nou wetgewing dat die verhouding tussen bindmiddel en konsentraat op die verpakking aangedui moet word.

Hoe die 3 Elemente (NPK), waaruit Kunsmis bestaan, Werk

Ek gebruik ‘n maklike rympie om my te help onthou waarvoor die 3 syfers op die verpakking staan en waarvoor dit help:

BLARE   -   WORTELS  -  BLOMME & VRUGTE

So: 

Ø  Die eerste syfer op die verpakking is voeding vir die BLARE van die plant.

Ø  Die tweede syfer op die verpakking is voeding vir die WORTELS van die plant.

Ø  Die derde syfer op die verpakking is voeding vir die BLOMME en VRUGTE van die plant.

Kom ons kyk na die 3 Elemente waaruit Kunsmis Bestaan


1.     Stikstof (N)


Stikstof is die Blaar Maker!


Stikstof is die belanrikste van al die voedingstowwe.  

·         Dit stimuleer groei van die plant se blare

·         Dit verbeter die kleur van die blare

·         Dit verhoog die grote van die plant

·         Dit veroorsaak dat die plant groter en beter  oeste lewer en

·         Dit verhoog die proteïen inhoud van eetbare plante en groente

Dit is ‘n essensiële voedingstof vir grasperke wat gereeld gesny word.   Golfbane en Rolbalbane word byvoorbeeld met ‘n kunsmis in die verhouding 5:1:1 gevoed.

Te min Stikstof word uitgewys deur die stadige “vergeling” van die blare en dit lei ook tot stadige of geen groei van die plant.

Te veel Stikstof veroorssaak dat die plant te vinnig groei.   Dit word uitgewys deur welige, sagte lower wat baie vatbaar is vir koue, swam siektes en aanvalle deur insekte.

Stikstof kom ook natuurlik voor in:

·         Alle dierlike mis.

·         Goed geformuleerde kompos.

·         Alle peul plante soos boontjies, ertjies en soya.

·         Sekere soorte bakterië, soos in die mis van erdwurms,  wat in die humus voorkom.

U kan dus, deur die regte plant keuses te maak en te sorg dat u grond altyd genoeg organiese stof soos kompos, gras snysels en  dooie blare bevat, natuurlik in u plante se stifstof behoeftes voorsien.

2.   Fosfor (P)


Fosfor is die Wortel maker!


Fosfor is nie verniet in die middel van die (NPK) formule nie.

Dit beheer die inname van Stikstof en beïnvloed ook die opname van Kalium.

·         Fosfor stumileer die ontkieming van saadjies en die vroë vorm van wortels van nuwe plante- veral Struike en Bome.

·         Dit verbeter die plant se immuniteit teen siektes.

·         Dit maak die plant meer bestand teen koue en...

·         Dit help met die vorming van vrugte en sade.

In Suid Afrika is daar gewoonlik ‘n groot hoeveelheid natuurlike Fosfaat in ons grond beskikbaar maar dit los baie stadig op. 

Dit is dus noodsaaklik dat die voorraad wat aan plante beskikbaar is gereeld aangevul word.

‘n Tekort aan Fosfate word gewoonlik aangedui deur:

·         Swak ontkieming van sade.

·         Stadige groei.

·         Swak gevormde wortel stelsels

·         Blomme en Vrugte is min en klein.

·         In erge gevalle, blare wat pers word

Te veel Fosfate in die grond is baie raar hier by ons maar manifesteer in stokkerige groei en baie klein botsels en blomme.

Fosfaat is dan ook die grootste deel van plant hormone wat beskikbaar is in die middels wat gebruik word om stiggies mee te plant.

‘n Baie goeie Fosfaat wat u in u tuin kan gebruik is beenmeel.  

Pasop net daarvoor indien u honde het.   Hulle sal onophoudelik  grawe en soek na die been wat u so vriendelik was om vir hulle in die tuin te begrawe.

Kalium (K)


Kalium, ook Potas  genoem, is die Blom en Vrugte Maker!


Kalium verbeter:

·         Gesonde plante groei.

·         Uithouvermoeë teen droogte en temperatuur  skommelings.

·         Die kwaliteit en smaak van die blomme en vrugte van ‘n plant asook...

·         Die hoeveelheid en kwaliteit van die saad wat die plant lewer.

·         Die groei van sterk takke.

·         Die vorming van groente soos  aartappels en patats waar dit as stysel gestoor word.

Kalium is ‘n voorvereiste vir plante vir fotosintese, die baie belangrike proses waardeur plante kos vervaardig vir groei en terselde tyd vir ons die suurstof skoon maak.

Kalium moet in die Herfs aan Jaarplante soos Vrugtebome en Rose toegedien word om hulle meer koue en ryp bestand te maak.

‘n Toediening van Kalium in die groei seisoen sal die meeste plante vinniger en sterker laat groei.

‘n Tekort aan Kalium word uitgewys aan:

·         Blare wat lyk of hulle aan die kante gebrand het.

·         Vrugte en groente wat nie ‘n goeie kleur het nie en smaakloos is.

Kalium kom natuurlik voor in:

·         Diere mis en

·         Hout as.

“Condi’s Crystals” is ‘n goedkoop bron van Kalium.

Verdere Wenke


·         U moet nooit kunsmis op droë grond toedien nie.   Sorg dat die grond klam is voor toediening.

·         Gee die plante baie water direk nadat u kunsmis toegedien het.

·         Ligte en sanderige grond moet meer gereeld kunmis kry omdat dit baie maklik uitgewas word.

·         Groter en meer gereelde toedienings moet aan vinnig groeiende plante gegee word.

·         Stadige groeiende plante daarteenoor moet kleiner dosisse en minder gereelde toedienings kry.

·         Gee ekstra kunsmis na hewige, aanhoudende reën.  Onthou!  Baie water was gou die voedingstowwe uit die grond uit.

·         Dit is raadsaam om addisionele voeding, in die vorm van ‘n goeie  vloeibare kunsmis  wat baie micro elemente bevat,  vir plante wat in houers en potte geplant is ten minste een keer per maand toe te dien.    

 

 

 

 

Thursday 14 November 2013

Nog Dinge om in die Tuin te Doen in November

Bol Plante

  • Soos die blare van die winter blombolle dood gaan kan u die bolle uit haal en in 'n droë donker plek stoor.
  • Kannas moet ten minste een keer per maand met 'n eetlepel 2:3:2 gevoed word.
  •  Voer Dahlias een keer per maand met 'n vloeibare kunmis en spuit die plant met water af om Rooi Spin Myt teen te werk.
  • Irise se bolle han uitgehaal word sodra hulle klaar geblom het.


Grasperke

  • U grasperk moet elke 4 tot 6 weke met 3:2:1 (28)(SR) gevoer word.  Dit is 'n kunsmis wat stadig oplos en nie die gras sal brand nie.
  • Sny die grasperk ten minste een keer per week alhoewel 2 keer per week baie beter is.   Moet ook nie elke keer in die selfde rigting sny nie.   Dit sal voorkom dat dat daar ongelyke areas ontstaan.
  • Dit is beter om in die vroeë oggend nat te lei sodat dit goed uitgedroog is teen die aand.

Struike

  • Stiggies kan nou nog gesny word van nuwe harde takkies.
  • Gee u struike altyd baie water, veral noudat dit so drood is.
  • Dit is die beste om 'n dammetjie om die struik te maak en die water stadig daarin te laat loop totdat dit vol is.
  • Onthou die 10cm kompos deklaag!





Rose

  • Pluk gereeld die dooie blomme af.   Elke dag is beter as so nou en dan.
  • U kan die rose nou terug sny tot die eerste blaargroep wat 5 blare en 'n dormante botsel het.
  • Rose moet nou 'n groot handvol 2:3:2 kunsmis gegee word.
  • Dit is nou belanrik om op die uitkyk te wees vir allerhande soorte peste.  Behandel sodra hulle hulle verskyning maak.
  • Verwyder torre liefs met die hand as om te spuit.  Hulle byt nie!!

GENIET U TUIN DIT IS HOEKOM U EEN HET. 

Besoek en "Like" EN Deel (share) asseblief ook ons Facebook Bladsy by:

https://www.facebook.com/Bloemparknursery 
 















Tuesday 12 November 2013

Tuinsorg Program vir die Res van November



EENJARIGE PLANTE


Voed eenjarige  plante elke twee tot drie weke met ‘n vloeibare kunsmis soos Nitrosol of Multifeed P.

Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Rooi Spin Myt
Kyk uit vir Rooi Spin Myt (Red Spider)onder plante se blare  en Slakke (Slugs) en Skulp Slakke (Snails). 

Hulle begin nou baie aktief raak. 
  
 Behandel die Rooi Spin Myt met ‘n doelgemaakte Insekdoder soos Effekto se Redspider-Cide.  
  
Strooi Slak aas, laat in die middag nadat die plante nat gegooi is.

MEERJARIGE PLANTE


Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Kompos Deklaag
Plaas ‘n Kompos deklaag van 10cm om elke plant – dit sal die plant se wortels koel en klam hou en minder water gebruik - veral noudat ons ‘n baie droë somer beleef.    

Moet nooit dat die plant se wortels heeltemal uitdroog nie.





Om te verseker dat u vir die res van die somer kleur in u tuin het, het ons die volgende plante in voorraad wat nou geplant kan word:


  • Felicia amelloides (Blue Daisy)

  • Begonia

  • Digitalis (Foxglove)

    Hypoestes sanguinolenta
  • Gazania

  • Hypoestes sanguinolenta

  • Phlox decussate

  • Viola odarata (Sweet Violet)


Môre sal ons Bolplante, Grasperke, Struike, Rose en Groente behandel.

Friday 8 November 2013

Biodiversity in your Backyard (Final)

 This is the Final Article in This Series, I Hope We all have a Better Understanding of the Subject.

In Conclusion...



Biodiversity conservation is not limited to erecting fences around protected areas. 

Everybody can contribute to the protection of local species albeit on a smaller scale. 

One characteristic of species diversity is that it is scale dependent. 

This means that the larger an area is, the more species it can sustain. 

The practical consequence of this is that you can expect to see even more species in your garden if you can convince your neighbour to go the indigenous route. 

And your neighbour's neighbour, and so forth until the whole neighbourhood is converted. 

An indigenous gardening competition may be a good motivator. 

If you are a member of a ward committee, you are in a good position to spread the message. It is worth the try… 

We will be happy to help you get something going in your neighbourhood in Bloemfontein.  Please contact us at:

Our FaceBook Page:  https://www.facebook.com/Bloemparknursery

Or write us an E-Mail to: BloemparkNursery@gmail.com

 Following is a list of books and articles you might want study:




Botha, C. & Botha, J. 2002 Bring nature back to your garden. Wildlife and Environment Society of South Africa (KwaZulu-Natal branch)

Bruzas C. & Bruzas A. 2001 Wildlife on your doorstep. Wildlife Society of Southern Africa (Natal Branch)


Joffe, Pitta 2001 Creative gardening with indigenous plants: A South African guide. Briza, Pretoria


Joffe, Pitta 2003 Easy guide to indigenous shrubs. Briza, Pretoria


Trendler, R. & Hes, L. 1994. Attracting birds to your garden in southern Africa. Struik, Cape Town.

  
Article By: 


Dr Ed Stam, Ecologist, NZG