Tuesday 12 November 2013

Tuinsorg Program vir die Res van November



EENJARIGE PLANTE


Voed eenjarige  plante elke twee tot drie weke met ‘n vloeibare kunsmis soos Nitrosol of Multifeed P.

Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Rooi Spin Myt
Kyk uit vir Rooi Spin Myt (Red Spider)onder plante se blare  en Slakke (Slugs) en Skulp Slakke (Snails). 

Hulle begin nou baie aktief raak. 
  
 Behandel die Rooi Spin Myt met ‘n doelgemaakte Insekdoder soos Effekto se Redspider-Cide.  
  
Strooi Slak aas, laat in die middag nadat die plante nat gegooi is.

MEERJARIGE PLANTE


Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Kompos Deklaag
Plaas ‘n Kompos deklaag van 10cm om elke plant – dit sal die plant se wortels koel en klam hou en minder water gebruik - veral noudat ons ‘n baie droë somer beleef.    

Moet nooit dat die plant se wortels heeltemal uitdroog nie.





Om te verseker dat u vir die res van die somer kleur in u tuin het, het ons die volgende plante in voorraad wat nou geplant kan word:


  • Felicia amelloides (Blue Daisy)

  • Begonia

  • Digitalis (Foxglove)

    Hypoestes sanguinolenta
  • Gazania

  • Hypoestes sanguinolenta

  • Phlox decussate

  • Viola odarata (Sweet Violet)


Môre sal ons Bolplante, Grasperke, Struike, Rose en Groente behandel.

No comments:

Post a Comment