Showing posts with label red spider mite. Show all posts
Showing posts with label red spider mite. Show all posts

Thursday, 14 November 2013

Nog Dinge om in die Tuin te Doen in November

Bol Plante

  • Soos die blare van die winter blombolle dood gaan kan u die bolle uit haal en in 'n droë donker plek stoor.
  • Kannas moet ten minste een keer per maand met 'n eetlepel 2:3:2 gevoed word.
  •  Voer Dahlias een keer per maand met 'n vloeibare kunmis en spuit die plant met water af om Rooi Spin Myt teen te werk.
  • Irise se bolle han uitgehaal word sodra hulle klaar geblom het.


Grasperke

  • U grasperk moet elke 4 tot 6 weke met 3:2:1 (28)(SR) gevoer word.  Dit is 'n kunsmis wat stadig oplos en nie die gras sal brand nie.
  • Sny die grasperk ten minste een keer per week alhoewel 2 keer per week baie beter is.   Moet ook nie elke keer in die selfde rigting sny nie.   Dit sal voorkom dat dat daar ongelyke areas ontstaan.
  • Dit is beter om in die vroeë oggend nat te lei sodat dit goed uitgedroog is teen die aand.

Struike

  • Stiggies kan nou nog gesny word van nuwe harde takkies.
  • Gee u struike altyd baie water, veral noudat dit so drood is.
  • Dit is die beste om 'n dammetjie om die struik te maak en die water stadig daarin te laat loop totdat dit vol is.
  • Onthou die 10cm kompos deklaag!





Rose

  • Pluk gereeld die dooie blomme af.   Elke dag is beter as so nou en dan.
  • U kan die rose nou terug sny tot die eerste blaargroep wat 5 blare en 'n dormante botsel het.
  • Rose moet nou 'n groot handvol 2:3:2 kunsmis gegee word.
  • Dit is nou belanrik om op die uitkyk te wees vir allerhande soorte peste.  Behandel sodra hulle hulle verskyning maak.
  • Verwyder torre liefs met die hand as om te spuit.  Hulle byt nie!!

GENIET U TUIN DIT IS HOEKOM U EEN HET. 

Besoek en "Like" EN Deel (share) asseblief ook ons Facebook Bladsy by:

https://www.facebook.com/Bloemparknursery 
 















Tuesday, 12 November 2013

Tuinsorg Program vir die Res van November



EENJARIGE PLANTE


Voed eenjarige  plante elke twee tot drie weke met ‘n vloeibare kunsmis soos Nitrosol of Multifeed P.

Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Rooi Spin Myt
Kyk uit vir Rooi Spin Myt (Red Spider)onder plante se blare  en Slakke (Slugs) en Skulp Slakke (Snails). 

Hulle begin nou baie aktief raak. 
  
 Behandel die Rooi Spin Myt met ‘n doelgemaakte Insekdoder soos Effekto se Redspider-Cide.  
  
Strooi Slak aas, laat in die middag nadat die plante nat gegooi is.

MEERJARIGE PLANTE


Sny dooie blomme elke dag af – dit verseker dat nuwe blomme altyd ontwikkel.

Kompos Deklaag
Plaas ‘n Kompos deklaag van 10cm om elke plant – dit sal die plant se wortels koel en klam hou en minder water gebruik - veral noudat ons ‘n baie droë somer beleef.    

Moet nooit dat die plant se wortels heeltemal uitdroog nie.





Om te verseker dat u vir die res van die somer kleur in u tuin het, het ons die volgende plante in voorraad wat nou geplant kan word:


  • Felicia amelloides (Blue Daisy)

  • Begonia

  • Digitalis (Foxglove)

    Hypoestes sanguinolenta
  • Gazania

  • Hypoestes sanguinolenta

  • Phlox decussate

  • Viola odarata (Sweet Violet)


Môre sal ons Bolplante, Grasperke, Struike, Rose en Groente behandel.